0861 659 659 (South Africa)   +27 82 900 5385 (International)   info@thevaluator.co.za   www.thevaluator.co.za

Request a Quote

Business Information
Private Information
Services
Information
Information
Please wait...

Wat is die logiese keuse vir ‘n laaigraaf?

Wat is die logiese keuse vir ‘n laaigraaf?

Posted by

Wat is die logiese keuse vir ‘n laaigraaf?

“Een uit elke twee laaigraaftrekkers en een uit elke drie teleskopiese laaiers wat wêreldwyd verkoop word, is ’n JCB,” so sê Matthew Barkas, gebiedsbestuurder van JCB Suid-Afrika.

JCB is ’n wêreldmarkleier in materiaalhanteringsoplossings en hulle glo in vernuwing. Verder sien die maatskappy ook om na verskillende bedrywe se behoeftes soos landbou, konstruksie en nywerheid.’n Volledige landboureeks is beskikbaar wat daarop gemik is om die boer deur dik en dun te dien.

JCB het ’n uitstekende Afrika-netwerk wat die boer al die toegang tot handelaars, kundigheid en onderdele gee wat hy nodig het. Hulle kliëntediens is puik en daarom wil elkeen ’n JCB hê.

“Ons wil aan die boere se verwagtinge voldoen en hulle tevrede stel. Maak nie saak wat die boer se behoefte is nie, ons wil dit nakom,” sê Matthew.

Farmland - Agricultural Valuations

Net in Suid-Afrika is daar 84 handelstakke, so die boer kan baie maklik kontak maak vir die aankoop van nuwe masjiene en vir diens. Die handelaars het gewoonlik die masjiene in voorraad, maar as hulle die masjien in voorraad het nie, bestel hulle dit in ’n japtrap.

“Ons kry darem dikwels pluimpies oor die voorraad wat ons beskikbaar het,” sê Matthew.

JCB se finansiële afdeling het ’n spesiale finansieringsaanbod vir boere. Van tydens NAMPO tot die einde van Junie bied JCB vir boere finansiering op laaigraaftrekkers en teleskopiese laaiers teen primakoers minus 5,5%.

“Die boere trek veral voordeel uit die opsie om òf maandeliks òf een paaiement per jaar vir drie jaar te betaal. Hulle moet net ’n deposito van 20% vir die masjien betaal,” sê Matthew.

Een van die redes vir JCB se gewildheid is hulle wêreldbekende JCB Dieselmax-enjin wat kragtig, duursaam en doeltreffend is en perfek aard in Suid-Afrika se omstandighede.

JCB het by NAMPO die 560-80TH Agri teleskopiese laaier bekendgestel. Hierdie teleskopiese laaiers is ontwerp vir die beste beweegbaarheid. Die 560-80 teleskopiese laaier het ’n hysvermoë van 6 ton en ’n reikhoogte van 8 meter.

Verder het dit ’n wye verkoelerkern, ’n teendraaiwaaier om die verkoeler skoon te hou in stowwerige toestande en vinnige hidrouliese terugvloei om werkspoed te bevorder.

The Valuator Group spesialiseer in waardasies van Aanleg en Masjinerie.

Kontak vandag vir ‘n waardasie op u bates.

0861 659 659 of epos: gavin.c@thevaluator.co.za